Jean-Marie Botha

These gowns were accompanied with the following letter:

“Vir baie lank wonder ek wat ek met my trourok en matriekafskeid rok moet doen. Toe ek van julle hoor het ek geweét: julle moet dit kry.

Ons jongste seuntjie Arno, was vir 22 dae in die NICU. Hy het bakteriële breinvliesontsteking met geboorte gekry. Dit was ‘n baie rowwe tyd in ons lewens. Hy was baie siek, en dokters was nie oortuig dat hy sal lewe nie. Vandag is hy ‘n gesonde seuntjie van 18 maande 🙂 Blakend gesond, perfek, met geen komplikasies soos wat dokters voorspel het nie.

Ek wil graag my rokke skenk sodat julle dit kan omskep in iets wat bietjie vertroosting sal bring vir ander mammas wat nie so gelukkig is soos ons nie. Met ons tyd in die NICU met ‘n seuntjie wat geveg het vir sy lewe het ons baie hartseer ervaar. Ek kan nie dink waardeur ouers gaan wat kindertjies daar verloor nie.

Die werk wat julle doen is ongelooflik. Ek is seker dit beteken meer as wat julle ooit sal besef.”

Thank you Jean-Marie for sharing your special story with us and thank you for donating your beautiful gowns to us!

Eric Elronde and the TAGI team.