
This story is best told through the words of Yolande herself:
“Dit is 9 Januarie 2010. Ons troudag! Ek voel soos ‘n prinses in my rok. Tog is daar ‘n traan in my oog as ek my rok aantrek… Toe ek die eerste keer my rok aangepas het, was ek swanger.
‘n Klein lewetjie was besig om in my te vorm.
Ongelukkig het ek toe ‘n miskraam. En dit was een van die hartseerste dae van my lewe. Ek kan net dink hoe ‘n mamma wat se klein babatjie weggeneem is se hart moet voel.
My hart bloei vir hulle.
So toe ek sien watter ongelooflike mooi konsep julle het, het ek geweet. Hierdie is die rede hoekom ek nog my rok het en nog nooit my rok verkoop het nie. Want dalk kan dit help om mense wat se harte so seer is effens te troos.
Met al my liefde (en baie trane),
Yolande du Preez.”
Thank you Yolande for sharing your story with us and for your precious donation! A total of 12 Angel Gowns were repurposed from this gown.
Eric Elronde and the TAGI team.