Ronel Ollewagen

We love this classic wedding gown and the beautiful letter that accompanied it:

“Hi daar,

Ek het kennis geneem van die Tagi Angel Gown inisiatief, toe ek julle insetsel op TV gesien het. Die program het my so diep geraak, want ek is ook ‘n Mamma wat al ‘n kind aan die dood afgestaan het. My dogter was 24 toe sy oorlede is, ‘n maand en ‘n half voor haar troue. Sy was die oudste van twee wonderwerk babas wat ons van God af ontvang het.

Daar is so baie ouers wat deur die blydskap gaan met die vooruitsig om ouers te word en dan die onbeskryflike hartseer van ‘n stilgeboorte moet verwerk. Ek kan my nie eers in hul situasie indink nie. Ek glo elke Angel Gowns wat jul maak, beteken geweldig baie vir hierdie ouers ten tye van hul geweldige hartseer, bring ‘n mate van vertroosting en laat hul besef dat daar mense is wat aan hul dink en hulle omgee.

Net so ietsie oor my rok…..

Ons het op 30 Nov 1985 getrou en met God se genade sal die die jaar ons 34ste herdenking wees. Daai tyd was Lady Diana se trourok hoog mode en my rok was maar basies daarvolgens ontwerp. Die rok het ‘n vreeslike wye romp gedeelte en ek is seker jul sal ‘n hele paar Angel Gowns daarvan kan maak. Ek het die rok gewas voor ek dit verpak het.

Mag God jul handewerk seën en dat jul Angel Gowns vir baie ouers ‘n mate van vertroosting bring.”

Thank you Ronell for sharing your special gowns with us!

Eric Elronde and the TAGI team.