Donation

Joniela Geldenhuys

This post is best written in Joniela’s own words;

My beautiful rok se verhaal..

Lees asb as jy ‘n baba verloor het ❤️

2015 toe ek my before shoot gedoen het, het ek gesê ‘n deel van my after shoot MOET rok wees en ek soek ‘n mermaid style rok. So maand voor my shoot het ek ‘n foto gesien van ‘n rok en gesê ‘al het ek nie haar tipe lyf nie soek ek so tipe rok’. Heel 1ste iemand genader vir die rok se maak. Nou ja Weskus waar kry jy daai perfekte lap?Ek’t net vir Marilize van der Westhuizen genoem wat ek soek en sy’s lapwinkels toe in die Kaap. Sy’t die mooiste lap gekies omdat sy my so goed ken.

So laat weet die vroutjie sy kan nie meer my rok maak nie. Ek kontak toe dadelik vir tannie Cornelia Marais. Sonder 2 keer dink sê sy ek moet kom sodra my lap hier is.

Die maak was maar ‘n proses want ek’t baie flaws en die tannie moes geduld en liefde hê om seker te maak ek is happy. Soos sy die fyne werkies doen sê die amper 80 jarige sy kan net so rok aanpak met krag van bo. Ek sê vir haar dat die Here en Fil4:13 my deur gedra het so hierdie is ons Fil4:13 rok.

Die Here het op my hart gelê ek moet die rok gee vir iemand. Na ek dit op Facebook gesit het, het mense my gekontak hulle wil die rok huur en ek’t so baie organisasies se name gekry maar nie 1 was ek rustig oor nie. Ek kontak toe die 1 plek sonder om te lees oor hulle. Hulle laat weet toe van drop off plekke ens. Toevallig is 1 van hulle mense die naweek in Velddrif. Na ek tyd gevat het om iemand te kontak is die mense toevallig hier. 😲

Saterdag pak ek die rok in ‘n sak en ek huil snot en trane want die rok is spesiaal. Ek wil hê Jesus se liefde moet straal uit ‘n ‘aardse ding’. Hoe kry ek dit reg? Saterdagaand toe gaan lees ek eers oor die plek vir wie ek so gemaklik my rok gegee het sonder twyfel.

The Angel Gown™ Initiative, https://www.facebook.com/theangelgowninitiative/, gaan my rok ‘modify’ (en ek’s OK met dit) en klein rokkies maak vir babas wat nooit huistoe kon gaan nie. Klein engeltjies ❤️

Baie mense gaan dink hoe laat ‘knip’ ek net ‘n rok op? Skielik maak dit sin: Fil 4:13 het my gedra. Tannie Cornelia het krag van Bo nodig gehad om die rok te maak en nou kan daai rok vir vele gebroke mammas krag van bo gee wanneer hulle stukkend is.

‘N kleine stukkie lap kan dalk vir daai vrou help om op te staan en die wêreld in die oe te kyk. Sy kan Jesus se liefde ervaar deur my rok se lap.

Die Here werk op ‘n manier wat ons nooit sal verstaan nie ❤️
Gaan loer gerus na hulle page en skenk julle ou rokke. ❤️

Thank you Joniela for your special donation!

Eric Elronde and the TAGI team.