“Ek het 16 Januarie 2022 my dogtertjie verloor met n stil geboorte. Vergelegen Mediclinic het vir my jou kaartjie gebring en vir my die rokkie kom wys.
Ek het vandag eers kans gesien om al die papier werk uit te sorteer. En toe ek op jou kaartjie afgekom het het ek op jou website gaan kyk en my oë was vol trane. Dit is so ‘n besonderse mooi idee.
Ek was so geraak daar deur ek wil graag my matriekafskeid rok en trourok skenk. Ek wil graag ook voel dat ek iemand anders kan help deur so ‘n swaar en moeilike tyd.”
Thank you for your support.
Eric Elronde and the TAGI team.