Hilda Nothnagel

This letter came with the gown:

“Ons is op 6 Februarie 1982 getroud.

My trourok lê nog al die jare in my kas, nie geweet wat om daarmee te doen nie, ek is ‘n baie sentimentele mense, net soos die mooi herhinneringe van ons troudag het ek ook vasgehou aan my rok.

My 2 dogters is intussen getroud, die trourok het nie vir een van hulle gepas nie en in elk geval het elkeen sy eie smaak.

Een aand het ek Kwêla, insetsel oor “The Angel Gown Initiative”, gekyk en gevoel, dis waar my trourok moet heengaan, ek het besef dis hoekom ek dit al vir 37 jaar lank bewaar. Hierdie rok, met al sy mooi herinngeringe kan vir iemand iets beteken en help troos.

Albei my dogters het al meer as een miskraam gehad en een seuntjie, Lihan, wat gebore is, het net 3 ure geleef. Oupa en ouma kon hom nie eers ontmoet nie.

Ons almal se harte was (en is nog) stukkend, wens daar was so ‘n “engelpakkie” beskikbaar op die dag wat ons kleinseun uit die hospitaal uit hemel toe geneem is.

Baie dankie en mag die Here jul onbaatsugtige diens seën. Ek waardeer wat jul doen.”

Thank you Hilda for sharing your special gown with us! We repurposed 24 Angel Gowns from this single wedding gown.

Eric Elronde and the TAGI team.